Blikkies bevorder kultuur

Musiek & Koor

Verskeidenheid kultuuraktiwiteite word aangebied om leerders se kreatiwiteit, selfvertroue en sprekersvaardighede te ontwikkel. Hierdie aktiwiteite moedig deelname, dissipline en ‘n liefde vir kultuur aan. Leerders beleef die vreugde van selfuitdrukking! Geleenthede in Musiek sowel as ’n pragtige Koorgroep word aangebied waar leerders ook wonderlike sang-ervaring kan geniet.

Landsdiens

Leerders leer om respek vir die natuur en hul medemens te hê. Dit bied ‘n platform vir persoonlike groei deur die ontwikkeling van leierskap. Deelnemers word aangemoedig om ‘n liefde vir die Skepper, medemens, omgewing en arbeid te kweek.

Blikkies is aktief in Sport

Netbal & Rugby

Sport by Laerskool Burgersdorp dra by tot die ontwikkeling van fiksheid, balvaardighede, hand-oog koördinasie en spelstrategie en om ’n liefde vir sport te bevorder. Ons skep ’n omgewing waar elke leerder ’n sportsoort kan vind waarin hulle hul passie en potensiaal kan uitleef. Afrigters is goed opgelei en bied kwaliteitsafrigting om kinders voor te berei vir wedstryd-kompetisie in Netbal en Rugby. Emosionele sowel as fisiese ontwikkeling is ons fokus.

Hokkie

Hokkie is ’n gewilde sport vir beide seuns en dogters. Ons neem deel aan toernooie en wedstryde. Ons doelwit is om tegniese vaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir die sport te kweek.

Atletiek

Ons atletiekprogram is gerig op massadeelname en die ontwikkeling van talent en bied aan leerders verskeie dissiplines om aan deel te neem en blootstelling tot hierdie sport te kry.

Tennis

Spelers van alle vaardigheidsvlakke kan aan hierdie somersport deelneem. Ons neem graag deel aan toernooie en afrigting vir beide Rooibal en Oranjebal, sowel as O/11 tot O/14 seniors met Groenbal. Privaatafrigting is ook beskikbaar vir spelers wat hul spel wil verbeter.

Kontak ons direk

Laerskool Burgersdorp
Laerskool Burgersdorp
Kontak Laerskool Burgersdorp

Volg ons!

Stuur e-pos

Koepiereg 2025. Laerskool Burgersdorp. Alle regte voorbehou. Webwerf deur Get Noticed

This website makes use of cookies. Please see our privacy policy for details.

Deny OK